Home
  Early Years
  Results
  Photographs
  Articles
  Swimming
  Diving
  Water Polo
  Synchro
  Coaches
  Masters
  Open Water
  Rhodesia/Zim
  SAASU
  Map and Books
  Guestbook
  About us

 

Links to:
 
 
 
 
 

 

Jennie Maakal - 1st South African swimming Olympic medallist  
 

In the 1932 Olympics she won a bronze medal in the 400 m freestyle event and was sixth in the 100 m freestyle event.

Jenny Maakal with the Americans Helene Madison 1st, Leonore Kight 2nd, and Jennie 3rd in 400m freestyle.

Click here to see the full results of that race

A story from the 1932 Olympian boxers:

Springbok boxers Laurie Stevens and light heavyweight Dave Carstens took Olympic gold in 1932, and it was on the way back from Los Angeles to Cape Town that they demonstrated the ultimate Olympic spirit towards team-mate, bronze medallist Jenny Maakal.

Lappe: “Her team mates could see she was not happy and they said, ‘What’s wrong with you, I mean you did wonderfully well, what’s wrong?’ and she said, ‘Look, I don’t think it was really worth it. My mother had to take a bond and we’re going to lose our house.’

And the two boxers, Dave Carstens and Laurie Stevens, they had both at that stage contracts, - professional contracts - and they could start boxing for money.

But they said, ‘We’re not going to do that. We’re going to have tournaments and all of that money will be for you to give to your mother until she’s paid her bond back.’”

Jenny Maakal

deur Christo Maakal

 

Hier is iets wat ek ‘n paar jaar gelede oor Jennie Maakal geskryf het. 

Sy is 'n tannie van my (my pa se suster) en het behalwe suksesse by die destydse Rykspele, ook in 1932 te Los Angeles 'n bronsmedalje in die 400m vryslag behaal.  Sy het ook in die finaal van die 100m vryslag geswem.  Ek dink dat sy ook die laaste Suid-Afrikaanse vrou was wat voor WOll aan 'n item in die Olimpiese Spele deelgeneem het.  Die Suid-Afrikaanse Olimpiese Komitee het in 1936 besluit om geen vrouens in die span in te sluit nie!

Dis 'n tema wat ook sake vir Jennie Maakal bemoeilik het...

Jennie se ouers (my oupa en ouma aan vaderskant) het vanaf Nederland na die ou Transvaal gekom, soos so baie ander Nederlanders in die tydperk voor en na die 2de Anglo-Boere-oorlog.  'n Nuwe land en 4 kinders het hul eie uitdagings gestel en net nadat my oupa 'n aanstelling by die Normaalkollege gekry het, het hy onverwags gesterf.  Boonop het die Depressie aangebreek.

My weduwee-ouma het 'n onderwyspos by die Oost-Eind Skool in Pretoria gehad, maar vrouens is maar swak betaal.  Om te oorleef en die kinders van die nodige te voorsien, het sy ook smiddae en saans taalonderrig aan die kinders van ambassade-personeel verskaf, waarskynlik in Frans, Nederlands en Duits.

In die 20's en dertiger jare was swem 'n gunsteling tydverdryf onder jong mense in Pretoria, met meisies soos Zus Engelenberg, Freddie van der Goes,
Kathleen Russel, Mary Bedford en Rhoda Rennie wat uitgeblink het.  Die laaste 4 van hulle het in 1928 se Olimpiese Spele 'n bronsmedalje in die 4x100m vryslag aflos losgeswem.



Daar was in alle geval by baie mense die gevoel dat vrouens nie by die moderne Olimpiese Spele moet deelneem nie.  In 1932 was Jennie Maakal deur die Swemvereniging genomineer om aan die spele deel te neem  -  dink sy was hulle enigste nominasie  -  maar die S A Olimpiese Komitee wou nie vir haar betaal nie.  As sy wou gaan, moes sy self betaal.  My ouma moes 'n groot
verband op hulle huis neem om die nodige fondse hiervoor te kry, wel wetend dat sy eintlik nie genoeg verdien om die terugbetalings te behartig nie.

Soos reeds gesê het Jennie toe in twee finales geswem en in een daarvan derde gekom.

Terug in Suid-Afrika het twee ander boksers, Dave Carstens en Laurie Stevens wat beide goue medaljes verwerf het, hulle toetrede tot die professionele bokskryt uitgestel en eers in die Johannesburgse stadsaal 'n vertoning aangebied waarvan die toegangsgeld gebruik is om die verband op die Maakals se huis terug te betaal.

  Dit het lank voor my geboorte gebeur, maar ek raak nou nog emosioneel oor hierdie goedhartige daad van ware kameraadskap.