Hy het as afrigter ‘n groot rol in die sukses van sy seun Brian, Geoff Grylls, Neil Aldridge en Jonathan Reen gespeel. Die vier, wat almal Springboikke in die sestiger-jare geword het, is seker die beste swemmers wat die O.P. nog opgelewer het.
Sy vrou, Sheila, het hom oor die jare goed as afrigster bygestaan, terwyl Helen, Derek en Gregory, die ander lede van die gesin, almal top-O.P. swemmers was. Brian en Helen het die afgelope jare groot naam gemmak as afrigters.
Peter is op Uitenhage gebore en by St Andrews op laerskool voordat hy by Muir gematrikuleer het. Atletiek, swem, rugby en krieket was sy sportsoorte op skool.
Hy vertel van die harde swemstryd tussen Muir en Grey terwyl hy op skool was,men dat Muir die Clint-beker (teen Grey) 13 agtereen-volgende jare gewen het.
Geoff Mandy, wat Suid-Afrika in 1948 by die Olimpiese Spele in London verteen- woordig het, was saam met Peter ‘n staat- maker in Muir se swemspan. Peter praat met lof van die hulp wat hy van Arthur (Coxie) Harrow as swemafrigter ontvang het. |
Peter het al as skoolseun die O.P. as vryslagswemmer verteenwoordig. Hy het in 1935 sy debuut vir die O.P. by die SA Kampionskappe gemaak. Dit was in die ou swembad in Noordeiende. Hy het toe derde in 880 treë en vierde in die 500 treë nommer gekom.
In 1936 in Bulowayo was hy tweede in die 500 en 880 treë nommers en in 1937 in Johannesburg was hy weer tweede in die 880 treë maar dié keer derde in die 500.
Peter het in 1937 by die myne in Brakpan aangesluit, en het in 1938, 1939 en 1940 vir Transvaal geswem. Hy was in 1939 weer tweede in die 880 en 500 treë nommeres, en het was eerste in albei nommers in 1940.
Hy het in 1939 Springbok geword toe hy in Durban teen die Australiese toerspan geswem het. Peter was derde in die 440 treë.
Hy het in 1942 by die lugmag aange-sluit nadat hy terug op Uitenhage was. Hy was vir twee jaar in Rome en hy het die Mediteraanstreek verteen-woordig. Geoff Mandy en Duncan Melville, wat nou ook in Port Elizabeth woon, was ook lede vandie span. |
Hy is 1943 getroud. Elf dae na die troue moes hy sy vrou vir 2½ jaar verllat. Peter het in 1945 na Uitenhage van die oorlog teruggekeer.
Hy was al 27 jaar oud toe hy in 1946 in Pretoria aan die SA Kampionskappe deelgeneem ghet. Die O.P. se bestuur het hom omgepraat om hom vir die O.P.-span beskikbaar te stel vir die SA kampionskappe in 1947 in Port Elizabeth wat sy laaste verskyining vir die O.P. was.
Peter het tot op die ouderdom van 31 aan plaaslike galas deelgeneem.
Hy het terloops in die ouderdom van 31 jaar saam met Ernie Nicholson, Alf Boliter en Paul Winer ‘n nuwe O.P. rekord in die 4x100 vryslag opgestel.
Die Redhouse-riviermyl was ook een van sy gunsteling nommers. Hy was die wenner in 1935, 1936, 1945 en 1946. Peter het in 1947 sy eerste verskying in die O.P. bestuur gemaak. Hoewel hy in 1950 ‘n beroepsafrigter geword het, wat sy bewegings as swem-administrateur baie beperk het, het hy oor die jare meer sy deel bygedra.
Springbok Shirley van der Poel is ook deur Peter afgerig. Sy seun Brian het naam-gemaak as swemmer in die VSA in 1966 en toe weer met die Springbok- span in 1967 en 1968 in Brittanje en Europa.
Die O.P. is trots op Peter Elliot en sy gesin. |